top of page

Jurie se hartklop stil in Hartland

SH HATTINGH

12 January 2021

Jurie was ‘n voorbeeld vir soveel mense, ‘n rolmodel en Jesus se visserman. Hy het sy lewe voluit gelewe, en gestrewe daarna om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Hy was die beste pa waarvoor sy seun en skoondogter kon vra, altyd daar om hulle by te staan en raad te gee.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Jurie Blignaut, eienaar van Hartland in Amersfoort, is skielik op 8 Januarie oorlede. Jurie was ‘n welbekende in Amersfoort, en het geleef vir sy blomme, en om blomme rangskikkings te doen. Die gemeenskap is diep geskok met sy skielike afsterwe. Jurie se uitkyk op die lewe, en wat hy altyd vir almal gesê het is “wat ek is, is net genade”. Sy seun, Juwéhan, en skoondogter, Chantelle, het die volgende boodskap oor hulle pappa geskryf: “Die hartklop van Hartland het sy engel vlerkies gegroei, en drink nou koffie saam met Jesus. Geliefde pappa, oom en beste vriend vir so baie, ‘n regte mense-magneet met ‘n hart van goud wat sonder om twee keer te dink sy mede mens sou uithelp, of dit nou was om nog ‘n blomme rangskiking te maak, of ‘n lekker koppie koffie saam met jou te drink as hy sien jy het maar ‘n af dag gehad.

Jurie was ‘n voorbeeld vir soveel mense, ‘n rolmodel en Jesus se visserman. Hy het sy lewe voluit gelewe, en gestrewe daarna om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Hy was die beste pa waarvoor sy seun en skoondogter kon vra, altyd daar om hulle by te staan en raad te gee. Hy los ongelooflike voetspore na, maar Jesus het nou Sy mooiste blom hier op aarde kom pluk. Ons harte is seer, en pa se plekkie is leeg, maar ons is opgewonde om pa eendag weer te sien en saam koffie te drink! Lief vir pappa.” “Jou hande - hard genoeg vir hout, en sag genoeg vir blomme, met jou “teddiebeer” persoonlikheid het jy almal laat warm voel, altyd gretig vir geselskap. Jy was ‘n regte mense-magneet” is die woorde hoebeskryf is aan die Tribune. Jurie word oorleef deur sy moeder, broers, susters, en sy seun Juwéhan, en skoondogter, Chantelle.

bottom of page