Pieter, jou stem word gemis

1/1

SH HATTINGH

30 Junie 2020

"Ons het wraggies alles met ‘n passie gedoen. Ons was gereed vir die groot stap, en nou is alles weg, hoe gaan ek aan gaan? Jy was my alles. Dit voel nie werklik nie, so asof jy enige oomblik by die deur gaan in stap. Hoe kyk ek vorentoe? O, God en hemelse Vader, help my. Engel, ek verlang verskriklik, die seer is net te veel.”

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Pieter van Niekerk, ‘n welbekende in die dorp, nie net vir sy goeie diens by Ermelo Toyota nie, maar ook vir sy breë glimlag word beslis gemis. Pieter was vir ongeveer 25 jaar by Ermelo Toyota se parte afdeling werksaam. Hy het sy werk met baie passie gedoen, en het altyd gehelp waar hy kon. Hy het altyd gereed gestaan om te help met sy glimlag, en het altyd uit sy maag uit gelag. Pieter was ‘n baie saggeaarde man, altyd seker gemaak almal rondom hom is gelukkig. Hy het altyd mense bo homself gestel. Sy verloofde, Annelien, het tydens ‘n persoonlike ontmoeting met die Tribune meegedeel dat hy nie net haar man was nie, maar ook haar beste vriend.

“My hart is seer, ek gaan hom vir ewig mis,” was haar woorde gewees. Die Tribune het ‘n kort maar kragtige boodskap op Annalien se Facebook blad gesien, en deel dit graag met die gemeenskap. “Pieter Van Niekerk - Jy was my beste vriend, my liefde, my lewe, my alles. Ons het wraggies alles met ‘n passie gedoen. Ons was gereed vir die groot stap, en nou is alles weg, hoe gaan ek aan gaan? Jy was my alles. Dit voel nie werklik nie, so asof jy enige oomblik by die deur gaan in stap. Hoe kyk ek vorentoe? O, God en hemelse Vader, help my. Engel, ek verlang verskriklik, die seer is net te veel.”

Pieter se begrafnis sal op Donderdag, 2 Julie, om 11:00 vanuit die Jayment gemeente van Pastoor JJ Scholtz, waargeneem word. Pieter word oorleef deur sy verloofde, Annalien, en sy drie dogters, Mkayla, Monique en Jessica. Annalien wil graag, Ermelo Toyota, Dr. Meintjies, Avbob en die gemeenskap bedank vir elke boodskap, oproep, liefde en omgee.

COPYRIGHT 2020 | ALL RIGHTS RESERVED