Merino Mall baanbrekerseremonie ‘n reuse sukses

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/9

GK CRONJE

3 August 2021

Die ontwikkelaars is daartoe verbind om 'n winkelsentrum te bou met die vermoë om die kleinhandellandskap in Ermelo nog jare te oorheers en versterk. Volgens verteenwoordigers van die groepe is hierdie projek ‘n langtermyn belegging.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Met groot opgewondenheid en styl ter ere aan Ermelo, was die baanbrekerseremonie van die grootskaalse konstrukieprojek deur die Moolman Groep en Abland aangebied op Dinsdag, 27 Julie 2021. Die Ermelo skouterrein is deur Moolman Group en Abland Ontwikkelaars geïdentifiseer as 'n uitstekende ligging vir die ontwikkeling van 'n plaaslike winkelsentrum. Die perseel, geleë op die hoeke van die snelweë N2 en N11, en naby die N17, is ook binne loopafstand van die Ermelo CBD. Volgens die Moolman Groep brei Ermelo se ekonomiese aktiwiteit uit na die noorde, verby Breyten, en dit maak hierdie perseel die ideale ligging vir 'n plaaslike winkelsentrum. Geen ander formele plaaslike winkelsentrum van hierdie skaal bestaan binne 'n radius van 100km van Ermelo af nie.

Die ontwikkelaars is daartoe verbind om 'n winkelsentrum te bou met die vermoë om die kleinhandellandskap in Ermelo nog jare te oorheers en versterk. Volgens verteenwoordigers van die groepe is hierdie projek ‘n langtermyn belegging, waar die Moolman groep hand in hand sal stap met Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit. Die grond word op ‘n termyn van 60 jaar verhuur aan die groep, waar die lokale Sesman Kommitee sal baat uit die opbrengs. Gerugte dat die grond verkoop is aan die ontwikkelaars is dus ongegrond.

Die ontwikkeling, wat na raming 60 weke sal vat om te voltooi, sal bestaan uit 'n volledig omheinde winkelsentrum van ongeveer 30 000 m², met die geleentheid vir toekomstige uitbreiding. Die anker huurders is bekendgestel as Checkers, Pick n Pay, Woolworths, Clicks, Crazy Plastics en Dischem. Ander attraksies sluit in Cape Union Mart, Old Khaki. The Cross Trainer, Queenspark, Refinery, Truworths, Identity, Mr. Price Clothing, Home- en Sport, Jet, Ackermans, Foschini, Sport Scene, Total Sports, PEP- en PEP Home, Studio 88, The Fix, Exact, Markham, Miladys, Tekkie Town, @Home, Sheet Street, Crazy Store, Nedbank, Capitec, FNB en vele meer. Die ontwikkeling sal 'n gekombineerde mark bedien wat bestaan uit die plaaslike inwoners, sowel as honderde pendelaars wat na- en deur Ermelo reis vanaf omliggende plattelandse en klein dorpies in die streek.

Meer foto’s en video’s van die seremonie is beskikbaar op ons Facebook blad, Tribune Ermelo.