Jag wenners sê dankie

press to zoom

press to zoom
1/1

SM HATTINGH

31 August 2021

Ons Van Graan’s het absoluut elke oomblik geniet, wat ‘n groot bederf en ons was skoon moeg Sondag toe ons 14:00 die middag die plaas verlaat.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Brief - Waar kan ons begin? Ons gesin het die Jagnaweek kompetisie gewen, en wat ‘n surprise. Die dag toe ons die oproep ontvang het, het ons nie presies geweet wat die naweek gaan inhou nie, maar ons is opgewonde. Vrydag pak ons die kar en begin ry. Elke persoon in die voertuig is opgewonde maar skrikkerig (ons gesin het nog nooit gejag nie) wat, waar en hoe? Vrydag - Western Breeze. Mooiste uitsig vanaf ons chalet, ons is verwelkom en Oom Dirk (van Western breeze) begin reëlings tref met ons vir Saterdag se GROOT jag.

Ons geniet die stilte (Let wel ons is van Centurion en dis maar ‘n gewoel) van die natuur en ons longe trek elke bietjie vars lug in, vir die naweek is ons masker vry en COVID is vergete. Ons gesin lê langs die swembad, en vat elke oomblik in en die son strale val op die koppies rondom ons en dis so mooi. Die aand gaan lê ons 4 buite op die lê stoele langs die swembad en skakel al die ligte af. Sjoe, dis net sterre. Ons verwonder ons aan die nag se stilte en die hemel ruim se skepping. Ons is bevoorreg en dankbaar. Saterdag is almal op, en die jag begin al 07:00, en 19:00 die aand is ons tuis. Adrenalien loop nog hoog, en ons dag was ongelooflik lekker. Ons sluit die dag af met ‘n vuurtjie by die boma en besef weereens hoe amazing dit was. Ons Van Graan’s het absoluut elke oomblik geniet, wat ‘n groot bederf en ons was skoon moeg Sondag toe ons 14:00 die middag die plaas verlaat. (Amper ‘n hartseer gevoel). Ja die jag gogga het gebyt en hy het hard gebyt!

Ons voel uitgerus, maar ook opgewonde vir die ervaring wat ons beleef het. Iets wat ons gesin nooit ooit sal vergeet nie. Ons hoop julle hou weer so trekking… Dat nog ‘n familie so bederfie kan geniet en dit was amazing (ons sal weer kaartjies moet koop want wie weet…) Baie dankie Morgenzon Landbou Akademie vir die awesome prys en al die reëlings rondom dit en die geleentheid! Dit was wonderlik. Western Breeze. Wat ‘n ongelooflike juweel met sout van die aarde mense. Baie dankie aan almal.