“Los julle verskille by die deur” - Dié was die woorde van Mike Bolhuis

press to zoom

press to zoom

press to zoom

press to zoom
1/3

GK CRONJE

22 June 2021

Inwoners wat agteraf baie te sê het, maar as dit by die daad kom, geen bydrae lewer nie, moet hul deel begin bybring. Ongeag van wat se hoorsê in die gemeenskap rondflap, die tyd vir aksie is nou. In die woorde van Mnr. Bolhuis: “Skinder is ‘n nasionale sport van die Suid Afrikaner.” Nou is die tyd dat alle inwoners hul verskille op die kantlyn sit. Besighede word ook dringend versoek om hul klagtes in te dien.

Suzuki Ermelo (WEB) 22 September 2020.jp

Op Vrydagaand, 18 Junie 2021, het privaat inspekteur, Mike Bolhuis, Ermelo se inwoners toegespreek rakende die swak dienslewering en finansiële wanbestuur van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM). Inwoners wat die toespraak bygewoon het, was kans gegun om hul frustrasie en klagtes aan te meld, wat vanaf water en riool, elektrisiteit, geskatte meterlesings, die verkeersdepartement en lisensie kantore, tot by beweerde korrupsie vanaf die munisipale amptenare. Mnr. Bolhuis het dit duidelik gemaak vanaf die staanspoor dat die penarie waarin Ermelo hul bevind nie met die waai van ‘n towerstaffie opgelos gaan word nie, maar dat dit ‘n hewige proses sal wees. Na aanleiding van Mnr. Bolhuis, moet alle klagtes en besware gedokumenteer word. As ‘n inwoner ‘n probleem ondvervind met enige aspek van MLM, word hul versoek of foto- of videomateriaal bymekaar te maak. Sodoende sal die verdediging van MLM gekniehalter word met onbetwisbare feite. Geskatte water en elektrisiteit rekeninge moet gedokumenteer word en alles bymekaar gehou word. Mnr. Bolhuis het met lof bevestig dat geskatte rekeninge totaal en al onwettig is.

Die feit dat MLM nie ordentlike en akkurate meterlesings doen nie, is ‘n misdaad. Inwoners wat ingedoen word met elektrisiteit en water rekeninge van derduisende Rande is ‘n misdaad. Die feit dat inwoners geforseer word om die geskatte rekening bedrae te betaal onder die dreigement vanaf MLM dat dienste gestaak sal word en elektriese toevoer afgesny gaan word, is ‘n misdaad. Foto’s moet geneem word van swak dienslewering en faal van dienslewering vanaf munisipale afdelings, onder andere die lisensie kantoor. “Jou foon is die belangrikste, maar ook die gevaarlikste ding wat jy by jou dra. Foto’s, video’s en klankgrepe (voice recordings) is onweerlegbare bewyse van gebeure. Neem foto’s van swak dienslewering. As jy swak dienslewering ontvang, maak ‘n video daarvan. Al hierdie dinge maak die saak net sterker,” het Mnr. Bolhuis gesê. Hy het egter ook laat hoor dat Projek Ermelo slegs ‘n sukses sal wees as alle inwoners saamstaan, ongeag van ras, ideologie en gemeenskap status.

As inwoners nie kan saamstaan tydens hierdie aanslag teen MLM nie, sal die projek ‘n mislukking wees. Mnr. Bolhuis het ook inwoners genoop om nie hulself te verlustig in skinderstories, en staat te maak op hoorsê en derdehandse informasie nie. Die belangrikste deel van die projek is dat ieder en elkeen hul deel moet bring. In hierdie tyd van maak of breek is daar nie plek vir groot honde wat baie blaf en geen byt het nie. Elkeen moet hul klagte indien, elkeen moet hul bewyse van klagtes instuur na die Projek Ermelo e-pos adres. Inwoners wat agteraf baie te sê het, maar as dit by die daad kom, geen bydrae lewer nie, moet hul deel begin bybring. Ongeag van wat se hoorsê in die gemeenskap rondflap, die tyd vir aksie is nou. In die woorde van Mnr. Bolhuis: “Skinder is ‘n nasionale sport van die Suid Afrikaner.” Nou is die tyd dat alle inwoners hul verskille op die kantlyn sit. Besighede word ook dringend versoek om hul klagtes in te dien. Hoe meer bewyse ingevorder word, hoe sterker word die saak vanaf die gemeenskap teen MLM. Inwoners en besigheidseienaars word genooi om hul klagtes te stuur, gepaard met bewyse, hetsy fotografies of videomateriaal, na ermeloproject@gmail.com. U kan ook vir Kevin Duggan by 071 476 2028, of Lynette Hattingh by 082 542 9592 kontak indien u navrae het rakende Projek Ermelo.