top of page

Pensionarisse gelaat aan hul eie genade

GK CRONJE

24 November 2020

Die plafonne van die huise loop deur, en begin al inmekaar val te danke aan die vog. Ten spyte van verskeie klagtes aan MLM, word ‘n dowe oor gedraai, en inwoners word gelaat met hul hande in hul hare.

Die Tribune het na die onlangse reënval verskeie klagtes ontvang vanaf inwoners van die munisipale behuisingskema in Jan van Riebeeck Straat, ten opsigte van Msukaligwa Plaaslike Munisipaliteit (MLM) wat geen ag toon aan klagtes nie. Klagtes sluit in watertoevoer probleme, aanhoudende rioolverstoppings, en die groot doring in die vlees van inwoners, daklekke. Verskeie inwoners van die behuisingskema, wat nie meer jong bokkies is nie, moet skarrel tydens reënbuie om emmers, bakkies en handdoeke neer te sit terwyl die water in hul huise in stroom.

Die plafonne van die huise loop deur, en begin al inmekaar val te danke aan die vog. Ten spyte van verskeie klagtes aan MLM, word ‘n dowe oor gedraai, en inwoners word gelaat met hul hande in hul hare. Ten tye van pers was daar geen terugvoer vanaf MLM rakende die kwessie nie, en inwoners word gelaat om te worstel met die aanhoudende probleme.

bottom of page