top of page

Wees waaksaam vir vervalsde note

Wees waaksaam vir vervalsde note

GK CRONJE

24 November 2020

Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dit 'n oortreding om selfs in besit te wees van sulke note, en moet enige persoon wat dit besit, bewustelik by die naaste polisiekantoor aanmeld.

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank doen 'n beroep op inwoners om seker te maak dat hulle egte geld het, en om eerder hul tyd te neem om die geld wat hulle gekry het, te bestudeer, as om met vervalsde note te eindig. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank is dit 'n oortreding om selfs in besit te wees van sulke note, en moet enige persoon wat dit besit, bewustelik by die naaste polisiekantoor aanmeld. Daar is verskillende maniere om vals note te identifiseer, en word alles verduidelik deur 'n afbeelding op die Suid-Afrikaanse Reserwebank-webwerf. Vervalsde geld is 'n vinnig-groeiende oortreding, en dit kan met 20 jaar gevangenisstraf en 'n stewige boete bestraf word as dit in besit geneem word of om hierdie note op te lewer. Ermelo is egter nie uitgesluit nie, en daar word telkens opgemerk dat misdagers wol oor die oë propbeer trek met vervalsde note.

Die South African Community Crime Watch (SACCW) in Ermelo het ook ‘n waarskuwing uitgereik rakende die kwessie. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank spesifiseer 11 maniere om die verskil tussen 'n nagemaakte en 'n regte note te onderskei. Dit sluit in die watermerk, die geometriese vorms, die registrasie, die latente beeld, die unieke nommering, die verhoogde drukwerk, mikroletters, opties veranderlike ink en die diamantvorms. Die mees algemene vervalste note is R100 en R200 note. Wees waaksaam, wees slim, en wees agterdogtig oor enige aantekeninge om te verseker dat jy en jou besigheid aan die veilige kant van die wet bly.

Veral met die feestyd wat binnekort aanbreek, word inwoners gemaan om op hul hoede te wees vir verdagte gedrag vanaf klante, en selfs vriende. Wees veral bedag op inwoners en kliënte wat uitermatige stywe rekeninge, of duur goedere betaal met kontant. In ‘n era van elektroniese transaksies en min mense wat met groot bedrae kontant rondloop, hetsy vir veiligheid of gemaklikheid, is dit beter om versigtig te wees, as om later jammer te wees.

bottom of page