top of page

Vrou ernstig beseer tydens vragmotor ongeluk

Vrou ernstig beseer tydens vragmotor ongeluk

SH HATTINGH

13 October 2020

Die vrou het beserings aan albei haar bene en linker arm opgedoen. 'n Klag van roekelose en/of nalatige bestuur is geopen. Tydens ‘n besoek aan die dame in die provinsiale hospitaal, is opgemerk dat sy goed aansterk.

Op Donderdag, 8 Oktober, ongeveer 16:00, was ‘n bejaarde dame en haar kinders oppad dorp toe. Die gesin het by die stop straat op die hoek van Jan van Riebeeck en Oosthuizen Straat gestop, en daarna oor gestap. ‘n Vragmotor het af gedraai, en het bo-oor die bejaarde dame se bene gery. Die dame is dadelik na die provinsiale hospitaal geneem vir mediese behandeling. “Die bestuurder van die vragmotor sê hy was besig om te draai, toe die insident plaas gevind het.” Het Kaptein Carla Prinsloo, media beampte van die SAPD, gesê. Die vrou het beserings aan albei haar bene en linker arm opgedoen. 'n Klag van roekelose en/of nalatige bestuur is geopen. Tydens ‘n besoek aan die dame in die provinsiale hospitaal, is opgemerk dat sy goed aansterk. Sy het baie seer, maar sy is baie tevrede met die goeie nasorg wat sy ontvang vanaf die personeel van die provinsiale hospitaal.

bottom of page