top of page

Gehoorsaam die verkeersreëls

Gehoorsaam die verkeersreëls

SH HATTINGH

12 January 2021

Wanneer jy ‘n probleem ondervind met jou voertuig, moet nie in die middel van die pad tot stilstand kom nie, probeer om van die pad te gaan. Indien jy nie kan nie, sit jou voertuig se gevaar waarskuwingsligte aan, en sit jou rooi driehoek uit.

Die afgelope week was daar verskeie ongelukke op verskillende paaie. Die meeste van die ongelukke word veroorsaak deur padverbruikers wat nie die verkeersreëls gehoorsaam nie. Wanneer jy ‘n probleem ondervind met jou voertuig, moet nie in die middel van die pad tot stilstand kom nie, probeer om van die pad te gaan. Indien jy nie kan nie, sit jou voertuig se gevaar waarskuwingsligte aan, en sit jou rooi driehoek uit. Jou rigting aanwysers is daar om ander padverbruikers te wys dat jy wel links of regs gaan draai, so gebruik dit. Die eerste ongeluk het op Donderdag, 7 Januarie gebeur op die Hendrina pad. Die Kia het uit geswaai vir ‘n motor wat stil gestaan het in die middel van die pad, en het tot stilstand teen ‘n boom gekom. Die voertuig het aan die brand geslaan.

Die bestuurder is na die hospitaal geneem vir mediese behandeling. Op Sondag, 10 Januarie, was daar ‘n grusame ongeluk op die Piet Retief pad tussen ‘n motor en ‘n vragmotor. Tydens die botsing is drie passasiers wat in die motor was oorlede, terwyl die bestuurder en nog ‘n passasier ernstige beserings opgedoen het, en is na ‘n hospitaal in Piet Retief geneem vir mediese behandeling. Die bestuurder van die vragmotor het ligte beserings opgedoen. Wees versigtig wanneer jy die openbare paaie gebruik, en gehoorsaam die verkeersreëls.

bottom of page