top of page

Drie lewens kortgeknip tydens botsing

Drie lewens kortgeknip tydens botsing

SH HATTINGH

6 Oktober 2020

Op Saterdag, 3 Oktober, het ‘n botsing plaasgevind tussen ‘n Volkswagen en ‘n Ford bakkie. Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, en word steed ondersoek. Tydens die botsing is drie mense oorlede op die toneel.

Die afgelope week, asook die naweek, was al die nooddienste weer op hulle tone gehou met al die botsings op verskillende paaie. Op Donderdag, 1 Oktober, het ‘n botsing plaasgevind tydens die groot hael storm wat Ermelo getref het. Die botsing het in Brink Straat plaasgevind, en niemand is beseer nie. Op Vrydag, 2 Oktober, het ‘n botsing plaasgevind in Kerk Straat tussen ‘n Toyota en ‘n Isuzu bakkie. Twee beseerdes was hospitaal toe geneem vir mediese ondersoek. Op Saterdag, 3 Oktober, het ‘n botsing plaasgevind tussen ‘n Volkswagen en ‘n Ford bakkie. Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, en word steed ondersoek. Tydens die botsing is drie mense oorlede op die toneel. Die nooddienste doen ‘n beroep op elke persoon om die padreëls te gehoorsaam, en by die spoedgrense te hou.

bottom of page